'n Familie wat opreg vir mekaar omgee en waar besoekers, vreemdelinge en sondaars altyd welkom is. Lofdal streef om 'n Dinamiese Geesvervulde Gemeente te wees waar alle ouderdom mense welkom is en op hul unieke vlak bedien word.
About
Ons Pilare
GROEI EN TOERUSTING
In Lofdal word daar ruimte geskep vir groei en toerusting. Die relevante lering deur Prediking, Woordskole en Kinder- en Jeugbediening is daarop gemik om ‘n definitiewe groei uit te lok. Die Woord word sonder kompromie verkondig met die doel dat almal tot volwassenheid in die Here kan groei.
HEILIGE GEES WERKING EN BEDIENINGE
Die Heilige Gees het ‘n sentrale plek in Lofdal se dienste en ons maak graag ruimte vir die leiding van die Heilige Gees. Die werking van die Gawes van die Heilige Gees en die uitleef van verskillende Bedieninge is vir ons belangrik. Ons droom is dat elke lidmaat hul bediening sal ontdek en sal uitleef.
VERSORGING DEUR OMGEE EN UITREIK
By Lofdal wil ons hê almal moet welkom, tuis en veilig voel. Ons aanvaar die opdrag om mekaar lief te hê en na mekaar om te sien. Dit behels om ruimte te maak vir mekaar en mekaar te versorg - gees, siel en liggaam.
GEÏNSPIREERDE AANBIDDING EN NAVOLG VAN JESUS
As gemeente wil ons God spontaan en met oorgawe en opregtheid aanbid. Ons wil ook ‘n aanbiddingslewe na buite leef en navolgers van Jesus wees. Verloregaande mense is vir God belangrik, daarom moet ons uitreik na hulle deur die evangelie met woord en daad uit te leef.